Home/Tydskrif vir Letterkunde/Article Record
Peer-Reviewed Article October 26, 2021

Tydskrif vir Letterkunde @ 85

Are you an author of this work?Link to your sovereign AfriScholar profile
Published in: Tydskrif vir Letterkunde
Publisher: Tydskrif vir Letterkunde Association • South Africa • 0041-476X • 2309-9070
DOI: https://doi.org/10.17159/tl.v58i2.12612

Abstract

is die 75 ste bestaansjaar van Tydskrif vir Letterkunde gevier tydens 'n funksie by die Universiteit van Pretoria.Die navorsing wat Jan Stander oor die geskiedenis van die Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring en TL gedoen het, asook 'n oorsig deur die toenmalige hoofredakteur, Hein Willemse ("Tydskrif vir Letterkunde: 'n Aaneenlopende rekord van 75 jaar"), is in jaargang 48, nommer 2 van TL gepubliseer, terwyl die toesprake wat daardie aand deur Henriëtte Roos en Henning J. Pieterse gelewer is, in die daaropvolgende uitgawe verskyn.Hierdie opstelle is almal belangrike argiefdokumente wat die geskiedenis van die tydskrif boekstaaf.Dit is nou tien jaar later en ons vier die 85 ste bestaansjaar van TL; ek fokus in hierdie redaksionele nota hoofsaaklik op hierdie afgelope tien jaar.Willemse ("Aaneenlopende rekord") is beskeie wat sy eie bydrae as hoofredakteur betref.Onder sy leiding het TL 'n merkwaardige transformasie ondergaan: van 'n tydskrif wat slegs in Afrikaans publiseer, tot een wat naas Afrikaans ook navorsingsartikels in Engels, Frans en Nederlands publiseer; van 'n tydskrif wat slegs gerig was op 'n eng-gekonsepsualiseerde Afrikaanse letterkunde tot een wat sy visier stel op letterkundige en kulturele produkte vanoor die ganse Afrika én Afrikadiaspora; van 'n tydskrif waar die publikasie van kreatiewe werk die grootste gewig gedra het, tot een wat die klem plaas op oorspronklike navorsingsartikels en nie meer kreatiewe werk publiseer nie; en les bes van 'n tydskrif waarvan vier relatief dun nommers per jaar verskyn het tot een met slegs twee uitgawes, April en September.Van 2003 tot 2015 was die gedrukte eksemplare van die tydskrif met die pragtige voorblaaie deur ontwerpkunstenaar Tienie du Plessis versamelitems.En in 2013 is 'n ooreenkoms met Van Schaik Uitgewers aangegaan om die Kwê-reeks uit te gee, spesiale uitgawes van TL wat tegelykertyd tydskrif én boek is.Tot dusver het Kwê 1 ('n huldigingsbundel vir Heinrich Ohlhoff in 2013) en Kwê 2 (Dogs in southern African literatures, 2018) verskyn.Verdere vernuwing is deur Willemse ingelui deur die besluit om TL vanaf 2016 'n elektroniese tydskrif met oop toegang te maak.In Augustus 2016 skryf Willemse ("Tydskrif vir letterkunde @80") dat jaargang 53, nommer 2 "die laaste uitgawe van Tydskrif vir Letterkunde as 'n gedrukte joernaal" is en dat gedrukte eksemplare voortaan slegs via "druk-op-versoek" beskikbaar sal wees (240).'n Skrale jaar later het ons ook met hierdie stelsel weggedoen en die Kwê-uitgawes is nou die enigste geleentheid waarby TL in druk verskyn.TL het nie meer intekenaars nie, iets wat natuurlik finansiële implikasies gehad het.Tans word die oorgrote meerderheid van akademiese tydskrifte wêreldwyd deur groot multinasionale uitgewerskorporasies besit wat daardie navorsing ten duurste aan lesers of hul instansies beskikbaar stel.In hierdie konteks is dit vir TL belangrik om 'n onafhanklike tydskrif met 'n beskeie begroting te bly (ons hef slegs bladgeld vir outeurs wat aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit verbonde is) en alle navorsing wat in die joernaal gepubliseer word gratis verkrygbaar te maak.Dit is vir ons 'n eer en 'n voorreg om deel te wees van die Academy of Science of South Africa (ASSAf) se Khulisa-platform vir tydskrifte met oop toegang.Hulle verskaf nie net uitmuntende tegniese steun nie, maar help ook verseker dat ons tred hou met internasionale standaarde vir die publikasie van navorsing.In die afgelope vyf jaar is baie tyd en energie daaraan gewy om ons uitgeeformaat en -prosesse te laat voldoen aan hierdie nuwe vereistes.

Download Full Text PDFView at PublisherCrossref RecordCrossref XML

Verified Citation Velocity

Recorded scholarly citations in African and international peer-reviewed literature

70
Total Citations

Citations are continuously tracked and harvested across continental OJS endpoints and OpenAlex feeds.