Consumer acceptability and salt perception of food with a reduced sodium content
Abstract
Die doel van die studie was om te bepaal tot watter mate die soutinhoud van voedsel verlaag kan word, sonder om 'n betekenisvolle verandering in die aanvaarbaarheid en soutpersepsie van 'n reeks tuisvoorbereide voedsels te veroorsaak.'n Verteenwoordigende steekproef van die stedelike populasie in die Vrystaat (N=58) is gebruik, met ouderdom en ras as voorspellers.Affektiewe sintuiglike toetse is gebruik om die aanvaarbaarheid en soutpersepsie van vier geregte met variërende natriumkonsentrasies (normale natriuminhoud; ongeveer een derde natriumverlaging en ongeveer twee derdes natriumverlaging) vas te stel.Die natriuminhoud is bepaal met behulp van voedselsamestellingstabelle en is bevestig met behulp van chemiese analise.'n Herhaalde metings/multi-faktore ANOVA is gebruik vir data-analise en gepaarde t-toetse is aangewend om te toets vir beduidende verskille tussen die gemiddeldes.
